Taalgebruik: emigreer, immigreer

Argieffoto (Foto: Anugrah Lohiya/Pexels)

Sommige gebruikers van Afrikaans verwar die twee woorde “emigreer” en “immigreer” en gebruik dan byvoorbeeld “immigreer” as hulle eintlik “emigreer” bedoel.

Mense wat uit/ van ʼn land emigreer, is emigrante. Dit lyk of mense emigreer solank hulle nog op pad is na die land van hul keuse en immigreer wanneer hulle in daardie land aankom. Uit die oogpunt van die land van aankoms is hulle van die begin af immigrante: Suid-Afrika sal in die toekoms baie meer immigrante uit Europa lok. Gebruik in grensgevalle moontlik ʼn ander werkwoord: migreer, verhuis, trek of gaan.

Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Is jy seker? ·

Ons het sommer in die laerskool geleer: E in emigreer = Exit. I in immigreer = Inkom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.