Gebruikers van Afrikaans maak soms ʼn fout wanneer hulle van emigrasie of immigrasie wil praat.
emigreer
jou land verlaat om in ’n ander land te gaan woon
Jong lande met ‘n tekort aan mannekrag help werkers uit die oorbevolkte lande van Europa om te emigreer. Na die ontdekking van goud in Transvaal het geluksoekers uit alle dele van die wêreld daarheen geëmigreer.
immigreer
van ’n ander land kom om jou permanent in ’n land te vestig
Elke jaar immigreer vreemdelinge na ons land. Baie geïmmigreerde Duitsers woon in hierdie distrik. Immigrerende vreemdelinge het baie taalmoeilikhede.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Emmigreer = E vir Exit
Immigreer = I vir In
:-)
Was nog altyd onseker, dankie nou het ek iets geleer.
Interessant het 1 r en 2 s’e
‘n Meisie dra 1 rok en 2 skoene