Taalgebruik: epidemie, pandemie

Argieffoto (Foto: Robin Higgins/Pixabay)

Die verskil tussen dié woorde lê eintlik in die grootte van die gebied waarin dit voorkom. ʼn Epidemie (soos masels, griep) versprei baie vinnig in ʼn taamlik beperkte gebied en verdwyn met die regte behandeling ná ʼn ruk; ʼn pandemie (soos vigs) versprei ook baie vinnig oor ʼn veel groter gebied (selfs die wêreld), maar verdwyn nie maklik nie en is dus veel ernstiger.

e·pi·de·mie s.nw. [epidemies]
1 (medies) besmetlike siekte wat vinnig oor ʼn groot gebied uitbrei en ná ʼn tyd weer verdwyn: ʼn cholera-epidemie/griepepidemie/maagkoorsepidemie. Vgl. endemie
2 (figuurlik) iets onaangenaams wat baie algemeen voorkom: ʼn epidemie van inbrake/rooftogte/swartgalligheid.
[Grieks epi onder + demos volk]

pan·de·mie s.nw. [pandemies]
siekte wat baie gou oor ʼn hele land of groter gebied versprei.
[Grieks pan + demos volk]

Bron: HAT en Skryf Afrikaans van A tot Z

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.