Taalgebruik: erken, herken

Argieffoto (Foto: Pezibear, Pixabay)

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die verskil tussen die woorde “herken” en “erken”. Lees gerus dié Taaltoffie om seker te maak jy gebruik telkens die korrekte woord.

erken
1 insien en toegee: erken dat iemand reg het • ’n erkende feit • as ’n deskundige erken word.
2 aanvaar; aanneem: ’n nuwe staat erken.
3 getuig van; melding maak van: die ontvangs van geld erken.
4 openlik uitkom vir; bely: ’n fout erken • iets ruiterlik erken • jou skuld (aan ʼn misdaad) erken.

herken
1 weer ken; eien: Hoewel hulle mekaar meer as twintig jaar gelede laas gesien het, het sy hom dadelik herken.
2 iemand/iets aanwys as ’n persoon/ding met wie of waarmee jy vroeër reeds kennis gemaak het; identifiseer; uitken: iemand herken aan ’n foto van hom/haar wat jy in ’n koerant gesien het • ’n wysie herken.
3 weet wie s’n dit is: Herken jy hierdie hoed?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Hardekwas

Ek dink nie so nie. Dis eintlik baie logies en self verduidelikend. Dalk sukkel nié Afrikaanse gebruikers met dié 2 woorde.