Taalgebruik: eventueel

Argieffoto. (Foto: Tumisu/Pixabay)

Hier is nog ’n valse vriend, want eventueel beteken na regte nie “eventually” of dan “uiteindelik” nie, maar wel “wat moont­lik kan gebeur of voorkom; gebeurlik; moont­lik; moontlikerwys”, soos die WAT dit stel.

Die woord kan as ’n byvoeglike naamwoord gebruik word, byvoorbeeld Sy sal ’n eventuele benoeming as kandidaat aanvaar, of as bywoord van modaliteit, byvoorbeeld As die gas­spreker eventueel nie opdaag nie, sal die voorsitter maar ’n toespraak hou.

Hierdie gebruik, wat deel van ons Nederlandse erfgoed is, is egter nie meer baie algemeen nie, en die anglisistiese gebruik in die betekenis van “uit­eindelik” het so posgevat dat dit waarskynlik nie meer gekeer kan word nie.

Bronne: HAT-taalgids

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.