Taalgebruik: familie, gesin

Argieffoto (Foto: stevewellsrealestate, Pixabay)

“Familie” is nie ʼn sinoniem vir “gesin” nie.

Die “familie” is die uitgebreide sosiale groepering, wat alle bloedverwante (ook aangetroudes) insluit.
ʼn “Gesin” is die ma, pa en sibbe (en in ʼn moderne konteks dalk ook grootouers) wat gewoonlik ʼn woonplek deel.

Die gebruik van “familie” vir “gesin” kan as anglisisties beskou word.

Bron: Taaltameletjies (Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.