Taalgebruik: familie of gesin

Argieffoto (Foto: Stevewellsrealestate/Pixabay)

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die verskil tussen “familie” en “gesin”. Dié twee woorde is egter nie sinonieme nie.

Familie slaan op alle bloedverwante (ook aangetroudes) soos ooms, tantes, niggies, neefs, skoonmense en ook mense met dieselfde van, vandaar familiesaamtrek en Familiebybel.

ʼn Gesin bestaan uit ouers en hul kinders, terwyl ʼn huishouding almal insluit wat saam met die gesin woon.

Bronne: Skryf Afrikaans van A tot Z  

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
VaalDonkie

Dis omdat die Engelse nie onderskei tussen die twee nie en ons elke dag Ingels op die kassie kyk.