Taalgebruik: fier, vier

Argieffoto

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die spelling van fier en vier. Fier beteken “vol regmatige trots”, terwyl vier “feestelik deurbring” of “ook een minder as vyf” beteken.

fier b.nw., bw. [fier(e), fierder, die fierste]
1 met ’n trotse houding/gesindheid: fier en regop stap • fier op jou perd sit • ʼn fiere blik • fier, maar nie hoogmoedig nie.
2 (nie algemeen nie, verouderend) met regmatige trots vervul: fier op jou afkoms/prestasies wees.

vier1 ww. [het gevier]
1 feestelik herdenk: iemand se verjaarsdag/bruilof vier • Kersfees vier.
2 eer bewys aan: ʼn digter/staatsman vier.

vier2
telw. [die syfer 4] [Romeinse syfer iv, IV]
drie plus een: Twee maal twee is vier. • bladsy vier • ʼn stuk of vier • vier rand.
oor vier uur nadat vier uur verloop het: Die trein kom eers oor vier uur van nou af.

s.nw. [vierof viere]
1 groep/hoeveelheid van vier: Ons was net ons vier. • iets in vier verdeel • Hy het ʼn vier vir Afrikaans gekry. • ʼn vier kry by die derde gholfputjie. • twee viere gooi • ʼn spel waaraan vier kan deelneem.
2 (krieket) hou wat vier lopies tel, dit wil sê wat die grens bereik nadat dit die grond geraak het.
3 grootte van ʼn skoen/rok/ens.: Ek dra ʼn vier.
4 vieruur in die oggend/middag: Dis al oor vier.

vier3 ww. [het gevier(weinig gebruiklik, verouderd)
laat skiet/loop; skiet gee: ʼn kabel/tou vier ♦ (ook figuurlik): jou hartstogte vier.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.