Taalgebruik: fonds of vonds

Argieffoto

Die Afrikaans vir funds is fondse of gewoon geld.

Gewoonlik word geld gestort of inbetaal in ʼn fonds wat met ʼn spesiale doel gestig is, soos in ʼn siekefonds of ʼn Kersfonds.

fonds s.nw. [fondse]
1 geld wat ingesamel, gehou en gebruik word vir ’n bepaalde doel: ’n fonds stig • ’n spaarfonds/skoolfonds • ’n fonds vir kankerlyers • ’n fonds vir onvoorsiene uitgawes.
2 [veral in samestellings] stigting/vereniging wat geld insamel vir ’n bepaalde doel: ’n pensioenfonds/siekefonds/begrafnisfonds.
3 fondse [mv.] geldmiddele: Ons beskik nie oor die nodige fondse nie.
4 (figuurlik) hoeveelheid van iets onstofliks, bv. kennis/wysheid/krag: ’n onuitputlike fonds van kennis/verdraagsaamheid.
5 al die werke waarvan ’n uitgewer die kopiereg het.

ʼn Vonds is iets wat gevind is of ʼn ontdekking wat gedoen is (die meervoud is vondste)

vonds s.nw. [vondste]
1 iets wat gevind is; ontdekking: jou vonds aan almal toon.
2 handeling/daad van iets te vind: Die vonds van olie het ’n hele paar lande baie ryk gemaak.
3 iets wat nuut en goed uitgedink is: ’n gedig met ’n paar pragtige vondste.

Bron: HAT en Skryf Afrikaans van A tot Z

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.