Taalgebruik: fonds, vonds

finansies-geld-geldwassery

Argieffoto (Foto: Stevepb/Pixabay)

Die Afrikaans vir funds is fondse of gewoon geld: Daar is geen geld [NIE: fondse] vir die projek nie. Gewoonlik word geld gestort of inbetaal in ʼn fonds wat met ʼn spesiale doel gestig [NIE: in die lewe geroep] is, soos in ʼn siekefonds of ʼn Kersfonds.

Soms gaan dit ook om ʼn begroting of geldmiddele: die weermag se begroting [NIE: fondse] is erg besnoei. Geld [NIE: fondse] word bewillig, gegee, geskenk of voorgeskiet vir bv. ʼn projek, of die projek word gefinansier of gesubsidieer deur dit geldelik te steun of van kapitaal te voorsien [NIE: befonds].

Die selfstandige naamwoorde in dié verband is finansiering of subsidiëring [NIE: befondsing].

ʼn Vonds is iets wat gevind is of ʼn ontdekking wat gedoen is; die meervoud is vondste [NIE: vondse].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris ·

En vonds kom oorspronklik van die ‘voltooide deelwoord’ uit vind-vond-gevonden, wat in Afrikaans vind-gevind geword het. ‘n ‘vondst’ is ‘n ding wat ‘gevonden’ is. Maar aangesien die sterk verlede tyd en deelwoord in Afrikaans weggeval is, is daar nou sekere selfstandige naamwoorde wat in die taal sweef. ‘n Ander woord wat oorspronklik tot ‘n werkwoord verbind was is gedagte, woorde wat ‘gedacht’ (gedink) is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.