Taalgebruik: fooi

Argieffoto (Foto: s.mainstreet.com)

Die Afrikaans vir “fees” is geld(e), soos in inskrywingsgeld, klasgeld, kurkgeld, doktersgeld en prokureursgeld, of betaling, heffing (byvoorbeeld ʼn diensheffing), tarief, vergoeding en loon. Prokureurs laat betaal [NIE: vra ʼn fooi] vir ʼn konsultasie. Al hoe meer beroepslui verwys na hul vergoeding as ʼn fooi, maar gelde of tariewe is verkieslik.

ʼn Fooi(tjie) is ʼn geskenk wat in geld aan byvoorbeeld ʼn kelner of ʼn parkeeraanwyser gegee word vir ʼn gelewerde diens.

Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.