Taalgebruik: gemeen

Argieffoto (Foto: Wilfried Pohnke/Pixabay)

Afrikaanssprekers vertaal soms (verkeerdelik) die Engelse idiomatiese uitdrukking “in common” met “in gemeen”. Taalgebruikers van Afrikaans sal dus soms sê mense of dinge het iets “in gemeen”. Dit is egter anglisisties.

Die korrekte vertaling vir “in common” is “gemeen”:

  • Have something in common with someone: iets met iemand of met mekaar gemeen hê [NIE: in gemeen/gemeenskaplik hê].
  • It is common cause”: almal is (dit) eens of stem saam, daar is geen meningsverskil nie, daar word toegegee, of byvoorbeeld, die saak word nie betwis nie [NIE dit is gemene saak].
  • Be on common ground: eensgesind of dit eens wees.

Bronne: HAT-taalgids en Skryf Afrikaans van A tot Z

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.