Afrikaanssprekers vertaal soms (verkeerdelik) die Engelse idiomatiese uitdrukking “in common” met “in gemeen”. Taalgebruikers van Afrikaans sal dus soms sê mense of dinge het iets “in gemeen”. Dit is egter anglisisties.
Die korrekte vertaling vir “in common” is “gemeen”:
- Have something in common with someone: iets met iemand of met mekaar gemeen hê [NIE: in gemeen/gemeenskaplik hê].
- It is common cause”: almal is (dit) eens of stem saam, daar is geen meningsverskil nie, daar word toegegee, of byvoorbeeld, die saak word nie betwis nie [NIE dit is gemene saak].
- Be on common ground: eensgesind of dit eens wees.
Bronne: HAT-taalgids en Skryf Afrikaans van A tot Z