Taalgebruik: Gravisteken

Argieffoto

Oriëntasie:
Die gravisteken (`) word in Afrikaans net op vokaalletters geplaas.

1) Die gravisteken word in enkele algemeen gebruiklike Afrikaanse woorde gebruik om die uitspraak [ε] van die letter e aan te dui.

appèl, dè, hè, nè

Opmerking: Hoewel dié vier woorde tradisioneel die enigste tipies Afrikaanse woorde is wat altyd met ʼn gravisteken gespel word, staan dit ʼn gebruiker vry om ʼn gravisteken te gebruik om, soos by appel teenoor appèl, te onderskei tussen gesel en gesèl, kartel en kartèl, en dergelike.

2) Die gravisteken word gebruik in woorde van vreemde herkoms in hulle oorspronklike spelvorm.

barrière, crèche, pietà of piëta, première, vis-àvis

Opmerking: Sommige leenwoorde word met die akuutteken (´) en sommige met die gravisteken geskryf omdat daar gehou word by die spelvorm van die taal waaraan die woord ontleen is.

3) Die gravisteken word gebruik in sommige eiename van vreemde (hoofsaaklik Franse) herkoms in hulle oorspronklike spelvorm.

Adèle, Eugène
Pietà (die beeldhouwerk)

Opmerking: Die akuutteken word soms in kombinasie met die gravisteken gebruik, byvoorbeeld Hélène, Thérèse. Sommige van dié eiename word met die akuutteken en sommige met die gravisteken geskryf omdat daar gehou word by die spelvorm van die taal waaraan hulle ontleen is.

Dié inligting is oorspronklik gepubliseer in die nuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (11de omvattend herbewerkte uitgawe)
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
Koop die boek nou by Graffiti Boeke vir slegs R360-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Atticus ·

Ter wille van volledigheid: die akuutteken word meestal gebruik vir beklemtoning, soos in dié woord. Dis ook interessant dat die tekens dikwels die uitspraak van woorde bepaal.

B-man ·

Opmerking: Is dit nie veronderstel om “díe” te wees nie? Aangesien die vokaal die totale “ie”-klank is (roep die reus). Die akkuutteken dui mos klem ook aan. Die klem in “die” is op die hele klinker. Help asseblief, want anders is ek verkeerd geleer en is díe gebruik verkeerd.

E.K. (vra net) ·

Ek dog nog altyd die Helene met die akuut EN gravis tekens is oor die pa, toe hy die baba moes gaan regsitreer nie kon onthou watter een om te gebruik en sommer albei gebruik het. Of sommer om deftig te wees. Ek het so meisie geken (met beide tekens op haar naam) en haar naam was gewoon Heleen uitgespreek. Hoe spreek mens dit dan eintlik uit het ek altyd gewonder?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.