Taalgebruik: Gravisteken

Argieffoto

Argieffoto

Die gravisteken (`) word in Afrikaans net op vokaalletters geplaas.

Die gravisteken word in enkele algemeen gebruiklike Afrikaanse woorde gebruik om die uitspraak [ε] van die letter e aan te dui.

appèl, dè, hè, nè

Opmerking: Hoewel dié vier woorde tradisioneel die enigste tipies Afrikaanse woorde is wat altyd met ʼn gravisteken gespel word, staan dit ʼn gebruiker vry om ʼn gravisteken te gebruik om, soos by appel teenoor appèl, te onderskei tussen gesel en gesèl, kartel en kartèl, en dergelike.

Die gravisteken word gebruik in leenwoorde van vreemde herkoms in hulle oorspronklik spelvorm.

barrière, crèche, pietà of piëta, première, vis-à-vis

Opmerking: Sommige leenwoorde word met die akuutteken en sommige met die gravisteken, of albei, geskryf omdat daar gehou word by die spelvorm van die taal waaraan die woord ontleen is (déjà-vu).

*Hierdie brokkie is oorspronklik gepubliseer in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2009) opgestel deur die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Uitgewer: Pharos (NB Uitgewers)
Prys: R420-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.