Taalgebruik: grein

Argieffoto. (Foto: Tumisu/Pixabay)

Woord:
grein

Betekenis en gebruik:
“Grein” het verskillende betekenisse, en dit sluit die verwysing na korrelrigheid, ʼn ruwe oppervlak, die draad van hout en gewigseenheid in.

Skryf Afrikaans van A tot Z gee ʼn paar voorbeelde van hoe hierdie woord, veral uit die Engels “grain”, in Afrikaans gebruik word.

  • grain (of wood): draad
  • go against the grain: dit stuit jou teen die bors, steek jou (dwars) in die krop, druis teen jou gevoel in of staan jou nie aan nie.
  • a grain of truth: ʼn sweempie waarheid
  • not a trace: geen greintjie

Die woord kom ook in ander Afrikaanse uitdrukkings voor soos “iets met ʼn greintjie sout neem” – om iets nie letterlik op te neem nie – en “geen greintjie omgee nie” – om glad nie oor iets om te gee nie.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Skryf Afrikaans van A tot Z en Wat praat jy!

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.