Taalgebruik: groot mense, grootmense

Argieffoto (Foto: skalekar, Pixabay)

Groot mense is mense wat lank en swaar is. Grootmense is volwasse mense.

Dieselfde geld kinders: Klein kinders is kinders wat nog klein is: “Koos het nog klein kinders en moet dikwels kinders oppas.” As iemand vertel van haar kleinkinders wat kom kuier, verwys sy na een of meer van haar kinders se kinders.

Let op die uitspraak: “Kleinkinders” en “grootmense” word vinniger uitgespreek as “klein kinders” en “groot mense”. Die een wat vinnig gesê word, word vas geskryf; die een wat stadig gesê word, los.

Bron: Die tale wat ons praat – taaldinge uit die gewilde radioprogram
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R230,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Moeg ·

Waarom kan ons sport kapteins tydens radio en televisie onderhoude nie behoorlike Afrikaans praat nie. Ek luister na die kapteins van ons rugby spanne, en dit is skrikwekkend om na die “ge-mix” te luister. A nee magtag manne, “praat Afrikaans of hou jou bek”!!!
Daar is tog sekerlik die regte Afrikaanse woord vir elke Engelse woord wat julle ingooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.