Taalgebruik: gros

Argieffoto (Foto: eak_kkk/Pixabay)

Woord:
gros

Betekenis en gebruik:
ʼn Gros is twaalf dosyn of 144: Jy koop sekere produkte by die gros (of groot maat). Die (groot) gros (van die mense) [NIE: die grote gros mense] of die grootste gros, maar die meeste of verreweg die meeste is hier ewe goed.

1 [geen meervoud] grootste aantal; meerderheid; merendeel: Die grootste gros van die bevolking is arm.
2 twaalf dosyn; honderd vier en veertig: ’n gros potlode.

Uitdrukkings
by die gros
by die groot maat.
[1. Frans gros < Latyn grossus lywig, groot. 2. verkorting van douzaine grosse groot dosyn]

en gros (uitspr. ãwn groo) woordgroep (Frans)
by die groot maat: iets en gros koop/verkoop

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DeVill ·

‘n Gros sigarette was my gunstelling toe ek nog ‘n ‘n tabak roker was!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.