Taalgebruik: herinner en herinnering

Argieffoto

Argieffoto

Herinner (werkwoord)
1. Laat dink aan: Dit herinner my aan my kinderdae. My suster herinner my altyd so aan ons moeder.
2. Die aandag vestig op; indagtig maak: Hy het my aan my belofte herinner. Herinner my tog dat ek vanaand na die uitsending moet luister. Hy raak so vergeetagtig dat hy aan alles herinner moet word.
3. Weer in die geheue, voor die gees roep, te binne bring: Ek kan my dit nie meer herinner nie.

Herinnering (selfstandige naamwoord) (herinnerinkie)
1. Daad, proses van herinner: Die herinnering aan vervloë dae. Iemand iets in herinnering bring, daaraan laat dink. Iets in herinnering hou, dit onthou.
2. Vermoë om jou iets te herinner; geheue: Hy het ‘n lewendige, helder, vae herinnering aan die gebeurtenis.
3(a) Voorstelling wat jou uit die verlede bygebly het: Die herinnering van ‘n wonderlike vakansie.
(b) Iets wat ‘n mens jou herinner: Herinneringe uit die verlede opteken.
4(a) Middel om die gedagtenis lewendig te hou, die gedagte aan iets terug te roep: ‘n Geskenk ter herinnering aan ‘n lekker vakansie. ‘n Merkteken as herinnering aan die oorlog.
(b) Iets wat moet dien om mens iets te laat onthou: Hierdie brief is ‘n herinnering van volgende week se vergadering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.