Taalgebruik: huis toe, werk toe

Argieffoto (Foto: Pezibear, Pixabay)

ʼn Bywoordelike verbinding bestaande uit ʼn selfstandige naamwoord plus toe word los geskryf:

huis toe
werk toe
Kaap toe
wildtuin toe

ʼn Bywoordelike verbinding bestaande uit ʼn bywoord plus toe word vas geskryf:

agtertoe
binnetoe
boontoe
ondertoe
soontoe
vorentoe

*Hierdie inligting is ‘n verkorte weergawe van die inligting soos vervat in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (11de omvattend herbewerkte uitgawe). Skaf gerus dié handleiding aan om seker te maak dat jy alle riglyne kan volg:
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
Koop die boek nou by Graffiti Boeke of op Takealot
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.