In ʼn bepaalde stadium (fase) van ʼn ontwikkeling of projek, en in/op ʼn bepaalde stadium as dit ʼn tydstip beteken: In ʼn stadium dat alles uitsigloos gelyk het, het sy vol hoop gebly; maar: In/op die stadium (op die tydstip) toe die skoot klap, was ek buite. Stadium moet altyd op ʼn bepaalde stadium dui: in een stadium, in daardie stadium of in die stadium toe…, in ʼn stadium dat… [NIE in ʼn stadium was ons moedeloos].
Hierdie brokkie is gepubliseer in Skryf Afrikaans van A tot Z