Sommige gebruikers van Afrikaans verwar die twee woorde “trouens” en “inteendeel” en gebruik dan byvoorbeeld “inteendeel” as hulle eintlik “trouens” bedoel.
Inteendeel word gebruik om dit wat direk daarvoor gesê is, volstrek te ontken of die teenoorgestelde daarvan te bevestig, byvoorbeeld: Ek het nie bedoel om jou te kwets nie; inteendeel, ek wou jou komplimenteer! of Hy is glad nie lui nie; inteendeel, hy is baie fluks. Dit was nie ʼn koue winter nie; inteendeel, dit was amper soos somer.
Inteendeel se betekenis is dus daarteenoor, daarenteen, daarenteë, omgekeerd, juis andersom, in teenstelling daarmee
Trouens, aan die ander kant, is ’n bevestigende woord. Dit word gebruik om iets te bekragtig of te versterk, byvoorbeeld: Dit is vroeër, en word trouens vandag nog, beskou as ’n baie waardevolle hout, of Ek gee nie om om alleen te bly nie; trouens, ek geniet dit soms. Hy is ʼn harde werker; trouens, hy is baie fluks. Ek was verveeld; die hele gehoor het trouens gesit en gaap.
Trouens se betekenis is dus om die waarheid te sê
Wat van die woord ‘tewens’? Word dit nie ook soms met genoemde woorde verwar nie?
Dis ‘n baie mooi nuwe haarstyl, het jy dit self gedoen? Nee, ek wou jou nie beledig nie, trouens ek wou rerig weet of jy letterlik in die spieel gekyk het met ‘n sker en self jou hare gesny het, inteendeel, as jy so daarna kyk, is dit eintlik ‘n belediging, jou hare, wat jy self gesny het.
Dankie vir die taalgebruik brokkies.