Taalgebruik: Intensiewe vorme

Argieffoto

Intensiewe vorme van byvoeglike naamwoorde kom dikwels ooreen met vergelykings, byvoorbeeld bloedrooi en so rooi soos bloed, of nagdonker en so donker soos die nag. Baie intensiewe vorme verskil egter van die vergelyking, byvoorbeeld stokdoof, maar so doof soos ʼn kwartel.

Hier is enkele voorbeelde van intensiewe vorme:
alleen – stoksielalleen
arm – brandarm
bang – doodbang
belangrik – lewensbelangrik
bemind – teerbemind
besope – stombesope
bly – sielsbly
bont – papegaaibont
deftig – kraakdeftig
dik – knuppeldik
dun – plankdun
eerlik – doodeerlik
flou – stokflou
fris – perdfris
geel – goudgeel
gerus – houtgerus
glad – seepglad
goedkoop – spotgoedkoop
heet (warm) – snikheet
hoog – hemelhoog
jonk – bloedjonk
klein – piepklein
koel – komkommerkoel
kwaad – smoorkwaad
lekker – smullekker
lelik – skreeulelik
mooi – popmooi
nodig – broodnodig
nugter – doodnugter
ontsteld – sielsontsteld
orent – penorent
pienk – skelpienk
rein – engelrein
ryk – skatryk
sag – fluweelsag
skaam – doodskaam
skraal – rietskraal
sku – skilpadsku
slap – papslap
stil – tjoepstil
suinig – vreksuinig
swak – kuikenswak
taai – rateltaai
verbaas – stomverbaas
verlief – smoorverlief
vet – spekvet
vinnig – blitsvinnig
vrolik – dolvrolik
weinig – bloedweining
wit – spierwit

Hierdie lys is ‘n uittreksel uit die lys wat oorspronklik in Pharos Afrikaansgids gepubliseer is.
Skaf gerus dié gids aan om seker te maak dat jy die volledige lys kan sien:
Uitgewer: Pharos
Prys: R295-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke vir slegs R236-00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.