Taalgebruik: klant, kliënt

Argieffoto (Foto: Alexas Fotos/Pixabay)

ʼn Winkel het klante, maar ʼn onderneming wat ʼn professionele diens lewer, asook professionele of geleerde mense, behalwe dokters, het kliënte.

Dokters het pasiënte. Veeartse het kliënte wie se diere die pasiënte is. Die gebruik van kliënt het verruim en dit kom al hoe meer voor waar klant oorspronklik gebruik is.

klant
iemand wat (gereeld) by iemand, ʼn winkel, ens. koop: Die winkelier het baie klante. • Klante stroom na die supermark se groot uitverkoping. • adverteer om klante lok • ʼn klant help/bedien. Opmerking: In hedendaagse Afrikaans word klant in hierdie betekenis dikwels deur kliënt vervang.

kliënt
iemand wat van ʼn ander persoon/maatskappy/organisasie se professionele diens/raad gebruik maak: Die prokureur het vanoggend ʼn afspraak met ʼn belangrike kliënt.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Skryf Afrikaans van A tot Z

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.