klant
iemand wat (gereeld) by iemand, ’n winkel, ens. koop: Die winkelier het baie klante. • Klante stroom na die supermark se groot uitverkoping. • adverteer om klante lok • ’n klant help/bedien. Opmerking: In hedendaagse Afrikaans word klant in hierdie betekenis dikwels deur kliënt vervang.
kliënt
iemand wat van ’n ander persoon/maatskappy/organisasie se professionele diens/raad gebruik maak: Die prokureur het vanoggend ’n afspraak met ’n belangrike kliënt.
So maw
‘n Klant is ‘n algemene, gewoonlik onbekende lid van die publiek wat jou winkel of besigheid besoek.
‘n Klient is ‘n spesifiek, gewoonlik bekende persoon of besigheied, waarmee jy besigheid doen.
Het ek dit reg verstaan?
Dit beteken dus dat ‘n klant brood koop terwyl ‘n kliënt advies koop.
Stap dus by een winkel in as klant en by ‘n ander as kliënt.