ʼn Kollig is die skerp lig wat op ʼn verhoog gegooi word.
ʼn Soeklig is ʼn lamp met ʼn sterk lig; ʼn Saak kom in [NIE: onder] die soeklig wanneer dit bespreek word, of die soeklig val daarop of word daarop gerig/gewerp.
be in the limelight in die kollig[ Nie: kalklig], in die nuus of op die voorgrond wees, of die aandag trek.
steal the limelight al die aandag trek of die kollig [NIE: kalklig] steel
Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek:Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
* Prys onderhewig aan verandering