Taalgebruik: Kweek, groei of teel?

Argieffoto (Ryan McGuire, Pixabay)

Argieffoto (Ryan McGuire, Pixabay)

‘n Mens kweek of laat groei ‘n snor [NIE: groei ‘n snor], en ‘n boer kweek of verbou gewasse of boer met byvoorbeeld mielies [NIE: groei gewasse/mielies].

In die reël is kweek op plante van toepassing en teel op diere. Natuurwetenskaplikes maak egter ‘n uitsondering of twee op dié reël. in die geval van dierlike materiaal kweek [NIE: teel] hulle kulture uit selle, organismes of bakterieë. En in die geval van plante teel hulle nuwe kultivars [NIE: kweek].

Soms sê mense verkeedelik “iets groei op jou” na die Engels, the habit grows on one”. In Afrikaans sê ons egter iets word ‘n vaste gewoonte, die gewoonte kry al hoe meer vat of raak ingewortel, jy hou al hoe meer daarvan of raak verknog daaraan.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R350-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan van Greunen ·

Wat my elke dag woedend maak is die swak taalgebruik van goed opgevoede Blanke Afrikaners, veral radio en televisie aanbieders en aanbiedsters . ‘n Taal se woordeskat moet groei om tred te hou met tegnologie, kulture ens. maar deur woorde en uitdrukkings te ver-Engels, verarm ons Taal. Waarom dink mense wat nie eers ordentlik Engels kan praat nie,in Engels en gebruik dan direkte vertalings in Afrikaans. Toe ek op skool was, was dit anglisismes genoem en totaal verbode. RSG se mense is veral skuldig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.