’n Mens kweek of laat groei ’n snor [NIE: groei ’n snor], en ’n boer kweek of verbou gewasse of boer met byvoorbeeld mielies [NIE: groei gewasse/mielies].
In die reël is kweek op plante van toepassing en teel op diere. Natuurwetenskaplikes maak egter ’n uitsondering of twee op dié reël. In die geval van dierlike materiaal kweek [NIE: teel] hulle kulture uit selle, organismes of bakterieë. En in die geval van plante teel hulle nuwe kultivars [NIE: kweek].
Soms sê mense verkeedelik “iets groei op jou” na die Engels, “the habit grows on one”. In Afrikaans sê ons egter iets word ’n vaste gewoonte, die gewoonte kry al hoe meer vat of raak ingewortel, jy hou al hoe meer daarvan of raak verknog daaraan.
Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red