Taalgebruik: kyk

Argieffoto (Foto: cocoparisienne/Pixabay)

Jy staan jou man, pas jou op, versorg jou goed, sorg vir jouself of sien na jouself om [NIE: kyk na jouself], en jy pas kinders/diere op of versorg hulle, of let of slaan ag op die belange van mense.

Jy stel vas/bepaal [NIE: kyk] wat gedoen moet word, en die afrigter gee (die) voorkeur aan sy spelers of trek hulle voor [NIE: kyk na hulle] wanner verteenwoordigende spanne gekies word.

  • I see! ek begryp/verstaan!
  • I shall see ek sal kyk of daaroor dink [NIE: ek sal sien]
  • she has never looked back sy het nooit enige berou gehad nie, dit nooit berou nie
  • come and see for yourself! kom kyk self!
  • see how small it is kyk hoe klein is dit
  • look for soek (na) of let op [NIE: kyk vir]
  • look up a word ʼn woord naslaan of dit (op)soek in ʼn woordeboek [NIE: opkyk]
  • give someone a dirty look iemand skeef aankyk [NIE: ʼn vuil kyk gee]
  • see page 23 sien bl. 23 of kyk (op) bl. 23
  • wait and see wag, kyk wat gebeur

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek:Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.