Taaltoffie stel ondersoek in oor die regte gebruik van die woord “lag” in verskeie uitdrukkings.
ʼn Mens lag in jou vuis [NIE: in jou mou]
laugh something away iets weglag [NIE: aflag], of, dit al laggende afmaak
one cannot help but laugh jy kan jou lag nie hou nie [NIE: kan nie help om te lag nie]
she had to laugh sy moes lag
laugh out loud brul/skater van die lag [NIE: hardop lag]
Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering
Vir ‘n joernaal/afdeling wat poog om mense regte Afrikaans te leer, maak julle self ‘n paar foute. “Hardlop” moet wees: “hardop.”
Dagsê Saake
Baie dankie dat jy ons op die vingerfout gewys het. Die berig is gewysig.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media