Taalgebruik: ledemaat, lidmaat

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Sommige gebruikers van Afrikaans verwar die twee woorde “ledemaat” en “lidmaat” met mekaar.

Die man het ʼn ledemaat (byvoorbeeld arm of been) in die ongeluk verloor. Iemand is lidmaat van ʼn spesifieke kerkgenootskap en ʼn gemeente. Haar lidmaatskap van ʼn vereniging word ingetrek [NIE: teruggetrek] as sy nie ledegeld [NIE: lidmaatskapgeld] betaal nie.

ledemaat s.nw.
arm/been van ʼn mens: Sy het drie van haar ledemate in ʼn tref-en-trap-ongeluk verloor. • intensiewe fisioterapie ontvang om die gebruik van ʼn ledemaat te herwin.

lidmaat s.nw.
iemand wat lid van ʼn kerk(genootskap) is: ʼn lidmaat van die NG/NH/Gereformeerde Kerk.

Bronne: Skryf Afrikaans van A tot Z en Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.