Taalgebruik: Los en vas skryf – ‘toe’

Argieffoto

ʼn Bywoordelike verbinding bestaande uit ʼn selfstandige naamwoord plus toe word los geskryf.

huis toe, werk toe
Kaap toe, wildtuin toe

Dieselfde geld bywoorde wat op -kant uitgaan plus toe, byvoorbeeld:

binnekant toe, buitekant toe, noordekant toe

ʼn Bywoordelike verbinding bestaande uit ʼn bywoord plus toe word vas geskryf.

agtertoe, binnetoe, boontoe, buitentoe of buitetoe, ondertoe, soontoe, vorentoe

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stefaans ·

Vir wat dit werd is: huis toe, weer eens en tot siens is almal twee woorde. Ek sien Maroela skryf telkens weer eens aanmekaar.

wilma ·

Stefaans, interessantheidshalwe, in die 6de uitgawe van die HAT word weer eens los- sowel as aanmekaar geskryf.

Stefaans ·

Dankie Wilma, ek vermoed my bron is ‘n paar dekades ouer as joune. Nooit te oud om te leer nie………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.