Taalgebruik: mat of tapyt

carpet-58866_640Mat word vandag vir los matjies, Oosterse matte én volvloermatte gebruik. Dit het die woord tapyt (vroeër ook soms vir linoleumgebruik) tot groot hoogte verdring.

be on the carpet tot verantwoording geroep word, voor stok gekry word, die leviete voorgelees word
roll out the carpet (letterlik) die rooi tapyt ooprol; (figuurlik) iemand met trompetgeskal ontvang/vereer
sweep something under the carpet iets in die doofpot stop, iets verdoesel, dit toesmeer of wegsteek

Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z

Uitgewer: Pharos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico K ·

Interessant dat spreekwoorde nie so vinnig verander nie. ‘n Mens is nog steeds op die rooi tapyt voor jou baas. Nie op die rooi mat nie. Die Engelse het natuurlik ook die woord mat. Maar is daar weer redelik verdring deur carpet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.