Taalgebruik: medikasie, medisyne

Argieffoto (Foto: jarmoluk, Pixabay)

Argieffoto (Foto: jarmoluk, Pixabay)

Medisyne word deur die mond of met ʼn lepel toegedien [NIE: per mond].
Iemand drink daagliks medisyne teen bv. malaria, gebruik of neem dit mondeliks, of sluk pille of tablette.
Middels of medisyne vir bv. teringlyers is gratis.

Die woord medikasie slaan meer bepaald op geneeskundige behandeling of die toediening of gebruik van medisyne, en ʼn amptelike verslag handel oor geneesmiddels [NIE: medisyne].

Gebruik ook die woord geneeskunde [NIE: medisyne] vir die professie of studierigting.

drugs (na gelang van die verband) medisyne, verbode middels of dwelmmiddels/dwelms
drug addiction dwelmverslawing; ook afhanklikheid van geneesmiddels, middelafhanklikheid

OOK:

Medisyne word mondeliks [NIE: mondelings] of deur die mond [NIE: per mond] geneem of gesluk. ʼn Eksamen of getuienis word mondelings (teenoor skriftelik) afgelê; die byvoeglike naamwoord in laasgenoemde verband is mondelinge (eksamen/getuienis).

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alrea ·

Ai, ek lees die stukkie so versigtig om tog maar in die toekoms reg te kan praat, en toe kom ek sowaar op die spelfout af. Sluik in plaas van sluk……

Landi Slatter ·

Dagsê Alrea,

Dankie vir jou terugvoer! Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.