Taalgebruik: Meervoudsvorme en hul afkortings

Argieffoto

Die afkorting van meervoudsvorme geskied deur ʼn e of ʼn s in ooreenstemming met die normale meervoudsuitgang van die onafgekorte woord, by die afkorting van die enkelvoudsvorm te voeg.

depte. (departemente)
eerws. (eerwaardes)
hofste. (hoofstukke)
mnre. (menere)
opms. (opmerkings)

Die afkorting van meervoudsvorme kan ook geskied deur die slotletter van die enkelvoudsvorm te verdubbel.

drr. (doktore of doktors, dokters)
hll. (hoofletters)
kll. (kleinletters)
mejj. (mejuffroue)
mevv. (mevroue)
mnrr. (menere)
inspp. (inspekteurs)
proff. (professore)

Dié inligting is oorspronklik gepubliseer in die nuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (11de omvattend herbewerkte uitgawe)
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
Koop die boek nou by Graffiti Boeke vir slegs R360-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.