Taalgebruik: mensgemaak, tuisgemaak

Argieffoto (Foto: Miroslavik/Pixabay)

Damme is mensgemaak en byvoorbeeld ʼn rok is selfgemaak of tuisgemaak [EERDER AS: eiegemaak] (nie gekoop nie) of jy het dit self gemaak.

mensgemaak
Wat deur die mens gemaak is en nie byvoorbeeld op natuurlike wyse ontstaan het nie; soms teenoor natuurlik: Natuurlike en mensgemaakte vesels. ≈ Die grense (van natuurreservate) moet sover moontlik natuurlik wees en nie mensgemaak nie (D. Hey: Lewe, 1977, 63). Die Karibameer is die grootste mensgemaakte meer in die wêreld (Ensiklopedie van die Wêreld 5, 1973, 607). Die dolfyn… kan waarnemings doen wat nie eens op die fynste mensgemaakte toerusting gedoen kan word nie (Vaderland, 8 Desember 1971, 3). Die Kerk (staar) hom soms so blind… op sy eie mensgemaakte dogmas dat hy geneig is om Jesus van Nasaret se eenvoudige boodskap van liefde oor die hoof te sien (F.N. v. Niekerk: Vrymesselary, s.j., 187).

tuisgemaak
op klein skaal in iemand se huis gemaak, nie in ʼn fabriek nie; selfgemaak: tuisgemaakte lekkergoed (ook: tuisgebak uit Ouma se kombuis, tuisgebak van die tuisnywerheid).

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Skryf Afrikaans van A tot Z, Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.