Taalgebruik: Metrieke simbole

Argieffoto (Foto: bricoydeco, Pixabay)

Taaltoffie ondersoek die gebruik van metrieke simbole in Afrikaans.

Indien ʼn getal voor ʼn SI-simbool geskryf word, word ʼn spasie tussen die getal en die simbool gelaat.

Korrek:
160 mm
50 kg
30 Mw

Verkeerd:
*160mm
*50kg
*30Mw

Opmerking: Dit is ʼn wetlike voorskrif

Indien ʼn kombinasie van ʼn getal en ʼn SI-simbool met ʼn ander woord verbind, word die spasie tussen die getal en die simbool behou.

5 °C-styging
50 kg-sakke (sakke van 50 kg elk)
1 499 cm³-enjin
15 A-sekering

3,5 m materiaal
750 ml koeldrank
1 360 km² grond
320 Nm wringkrag

Dié inligting is oorspronklik gepubliseer in die nuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (11de omvattend herbewerkte uitgawe)
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
Koop die boek nou by Graffiti Boeke vir slegs R360-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Zippo ·

…en in Afrikaans is ‘n duisend-miljoen ‘n miljard, nie ‘n biljoen soos in Engels gebruik word nie.

Afrikaans gebruik biljoen vir ‘n miljoen-miljoen (bi- miljoen)

Kosie Kramer ·

En in Suid-Afrika is die komma die desimale skeier (Afrikaans en Engels). Om `n radiostasie te bemark as 94.7 is dus verkeerd; dit moet wees 94,7. Die AWS skryf ook voor dat waar `n syfer uit vier letters bestaan, bv `n poskode, word dit aanmekaar geskryf. Dus 2197, nie 2 197. Die voorbeelde hierbo van 1 499 en 1 360 is daarvolgens verkeerd; dit moet sonder `n spasie geskryf word. Laastens, ek sien onder kinders grooooot verwarring, want hulle kyk DStv, wat oorwegend Amerikaans en imperiale stelsel is, en wil dan praat van inches en yards en miles. Dan word hulle op skool gekonfronteer met die metrieke stelsel. Ek stel voor dat ons die metrieke stelsel meer ernstig afdwing op Game/Makro en plekke wat nie die metrieke weergawes vir TV’s ens gee nie.

Gysbert Stander ·

Kosie, baie dankie vir daai interessante inligting.
Ek dink egter dis goed as kinders aan meer as een stelsel blootgestel word.
Dit kan immers net hulle leefwêreld verbreed, en hulle bietjie laat dink.
Anders raak die lewe te maklik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.