Taalgebruik: nou of smal?

Smal straatjie Foto: Ryan McGuire (Pixabay)

Smal straatjie Foto: Ryan McGuire (Pixabay)

Talle gebruikers van Afrikaans sukkel soms met die betekenisverskil tussen “nou” en “smal”.

‘n Nou rok, mou of pyp, waar dit gaan om ‘n ingeslote ruimte of iets wat wande het, maar in die geval van ‘n oppervlak: ‘n smal straat.

Net so:
Breed slaan op die oppervlak van byvoorbeeld ‘n straat, tafel, rivier of ‘n hoed se rand, en wyd op die ruimte wat ingeslote is of wande het: ‘n wye mou, romp, pyp, kloof of opening.

Dus: nou x wyd en smal x breed

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R350-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dina van Niekerk ·

Mooi so AIG! Waarom ‘n talentvolle en toegewyde kunstenaar straf? Mediabohaai totaal onnodig – Adriaan Basson en Kie sal die blinde sambok nog eendag voel piets.

Dina van Niekerk ·

Taaltoffie ‘n wenner! Ons kan nie genoeg doen om taalfiks te raak nie –
verskraalde woordeskat in skole verarm ons kinders se kommunikasie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.