Taalgebruik: onderhewig, onderworpe

Argieffoto (Foto: Pezibear, Pixabay)

In woordeboeke word hierdie twee woorde meestal as sinonieme aangegee, maar daar is tog verskille wat die noukeurige gebruiker sal handhaaf.

Onderhewig word gebruik saam met iets wat ʼn mens of entiteit nadelig kan beïnvloed. Dit gee altyd te kenne dat ʼn mens of iets blootgestel is/word aan ʼn werking wat as negatief beskou of ervaar word, en daarom behoort onderhewig nie ten opsigte van ʼn positiewe werking gebruik te word nie, byvoorbeeld: Ons almal is onderhewig aan siektes en uiteindelik die dood, of Die land is onderhewig aan periodieke droogtes wat tot misoeste en hongersnood lei. (Volgens die EWN het onderhewig se Middelnederlandse voorouer “lydende aan” beteken.)

Daarenteen beteken onderworpe “ondergeskik aan, onderdanig aan iets waaraan ʼn mens jou moet onderwerp”; daar is dus ʼn noue verband tussen onderworpe en die werkwoord onderwerp, byvoorbeeld: In ʼn regstaat is almal, sonder aansien des persoons, aan die reg onderworpe. Dit kan ook beteken “afhanklik van; behoudens” in gebruike soos Die lening sal toegestaan word onderworpe aan ʼn kredietwaardigheidsondersoek.

Bronne: HAT Taalgids  

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.