Wat noem mens iemand wat geen sterk drank gebruik nie, of iemand wat oudhede verhandel, iemand wat gedurig kla of selfs iemand wat versot is op alles wat Frankryk betref?
Hier is enkele bekende en minder bekende persoonsname.
Die volledige lys is gepubliseer in die boek Afrikaansgids
Persoonsnaam | Omskrywing |
afskaffer/geheelonthouer | iemand wat geen sterk drank gebruik nie |
antikwaar | iemand wat oudhede verhandel |
bemoeial | iemand wat gedurig sy neus in ander se sake steek |
brompot | iemand wat gedurig kla |
draaikous | iemand wat tydsaam is en nie dinge betyds afhandel nie |
frankofiel | iemand wat versot op alles van Frankryk is |
grypdief | iemand wat vinnig besittings van mense steel en dan weghardloop |
klakous | iemand wat gedurig ontevrede is en die ontevredenheid lug |
melomaan | iemand met ʼn diep liefde vir musiek |
parvenu | iemand wat skielik ryk geword het, maar wat die nuwe rykdom nie waardig uitleef nie |
platjie | iemand wat baie ondeund is en streke op ander uithaal |
smulpaap | iemand wat graag lekker eet |
wysneus | Iemand wat hom meerderwaardig verbeel dat hy alles weet |
Hierdie inligting is oorspronklik in Pharos Afrikaansgids gepubliseer.
Skaf gerus dié gids aan:
Uitgewer: Pharos
Prys: R295-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke vir slegs R236-00