Taalgebruik: persoonsname

Argieffoto

Wat noem mens iemand wat geen sterk drank gebruik nie, of iemand wat oudhede verhandel, iemand wat gedurig kla of selfs iemand wat versot is op alles wat Frankryk betref?

Hier is enkele bekende en minder bekende persoonsname.
Die volledige lys is gepubliseer in die boek Afrikaansgids

PersoonsnaamOmskrywing
afskaffer/geheelonthoueriemand wat geen sterk drank gebruik nie
antikwaariemand wat oudhede verhandel
bemoeialiemand wat gedurig sy neus in ander se sake steek
brompotiemand wat gedurig kla
draaikousiemand wat tydsaam is en nie dinge betyds afhandel nie
frankofieliemand wat versot op alles van Frankryk is
grypdiefiemand wat vinnig besittings van mense steel en dan weghardloop
klakousiemand wat gedurig ontevrede is en die ontevredenheid lug
melomaaniemand met ʼn diep liefde vir musiek
parvenuiemand wat skielik ryk geword het, maar wat die nuwe rykdom nie waardig uitleef nie
platjieiemand wat baie ondeund is en streke op ander uithaal
smulpaapiemand wat graag lekker eet
wysneusIemand wat hom meerderwaardig verbeel dat hy alles weet

 

Hierdie inligting is oorspronklik in Pharos Afrikaansgids gepubliseer.
Skaf gerus dié gids aan:
Uitgewer: Pharos
Prys: R295-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke vir slegs R236-00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.