Wat noem mens die plek waar wapens bewaar word, of ʼn stoorplek vir gedroogde plante, die plek waar dierevelle tot leer verwerk word of selfs ʼn kantoor waar reëlings vir reise getref word?
Hier is enkele bekende en minder bekende plekname.
Die volledige lys is gepubliseer in die boek Afrikaans vir almal.
Pleknaam | Omskrywing |
arsenaal | die plek waar wapens bewaar word |
bivak | ʼn soldatekamp sonder tente in die veld |
droogdok | ʼn dok wat leeggepomp kan word om skepe onder die waterlyn te kan ondersoek |
herbarium | ʼn stoorplek vir gedroogde plante |
konservatorium | ʼn musiekskool of akademie waar musiek doseer word |
kweekskool | ʼn opleidingsentrum vir predikante |
looiery | ʼn plek waar dierevelle tot leer verwerk word |
menasie | ʼn eet- en drinkplek vir soldate, die polisie, ens. |
reisburo | ʼn kantoor waar reëlings vir reise getref word |
wolkekrabber | ʼn baie hoë gebou |
Bron: Afrikaans vir almal
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red