Taalgebruik: Plekname

Argieffoto (Foto: Skitterphoto/Pixabay)

Wat noem mens die plek waar wapens bewaar word, of ʼn stoorplek vir gedroogde plante, die plek waar dierevelle tot leer verwerk word of selfs ʼn kantoor waar reëlings vir reise getref word?

Hier is enkele bekende en minder bekende plekname.

Die volledige lys is gepubliseer in die boek Afrikaans vir almal.

PleknaamOmskrywing
arsenaaldie plek waar wapens bewaar word
bivakʼn soldatekamp sonder tente in die veld
droogdokʼn dok wat leeggepomp kan word om skepe onder die waterlyn te kan ondersoek
herbariumʼn stoorplek vir gedroogde plante
konservatoriumʼn musiekskool of akademie waar musiek doseer word
kweekskoolʼn opleidingsentrum vir predikante
looieryʼn plek waar dierevelle tot leer verwerk word
menasieʼn eet- en drinkplek vir soldate, die polisie, ens.
reisburoʼn kantoor waar reëlings vir reise getref word
wolkekrabberʼn baie hoë gebou

Bron: Afrikaans vir almal

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.