Taalgebruik: probleem

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Probleem/vraagstuk word aangepak [NIE: aangespreek] of geniet/kry aandag of jy gee aandag daaraan en dit word opgelos.

cause problems hoofbrekens/=brekings gee/besorg
have a problem with bedenkings hê oor of besware hê teen [NIE: ʼn probleem hê met]
have problems probleme/moeilikheid ondervind of teë=/teenkom [NIE: optel]
have no problem with geen beswaar hê teen iets, geen bedenkings hê oor iets of dit nie moeilik vind nie
the problem is how die vraag is hoe…
that is the problem daar lê die knoop
a situation is problematic ʼn situasie is moeilik of lastig [NIE: problematies]

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Armando ·

Wel, ek het twee: 1. Afrikaners en Afrikaanssprekendes in die algemeen praat ‘n baie slordige Afrikaans. 2. Met die prys van daardie boek is dit ook geen wonder nie .

FC ·

So….
Die keuse van die beste spelers gee HM hoofbrekens want almal het bedenkings en besware daarteen.
Die vraag is nou hoe so lastige situasie opgelos kan word.
Maklik, kies meer Leeus, al het laasgenoemde niks met die huidige onderwerp te doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.