Taalgebruik: proe of smaak?

Argieffoto (Foto: civilhetes, Pixabay)

Argieffoto (Foto: civilhetes, Pixabay)

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die verskil in gebruik tussen “proe” en “smaak”. Taaltoffie stel ondersoek in:

Die Engelse werkwoord taste is in Afrikaans proe in die sin ek proe iets, en smaak in die sin iets smaak lekker, maar die kos proe heerlik is al só ingeburger dat proe maar soms as sinoniem vir smaak toegelaat kan word, solank dit nie smaak verdring nie.

Proe is ietwat meer gemoedelik en informeel.

Vergelyk ook:

tasty smaaklik: iets het ʼn lekker smaak
tasteful smaakvol (wat “elegant” of “met ʼn kunssin” beteken): Die vrou is smaakvol geklee, en haar huis is ewe smaakvol gemeubileer
in good taste dit getuig/spreek van goeie smaak, dit is goeie smaak en is met goeie smaak of smaakvol aangebied. Die teenoorgestelde is smakeloos [NIE: dit is in slegte/swak smaak]

OOK:

onsmaaklik x smaakloos x smakeloos
ʼn Onaangename of afstootlike voorval is onsmaaklik. Kos wat na niks proe nie, is smaakloos (teenoorgestelde van smaaklik); en byvoorbeeld versierings is smaakloos (teenoorgestelde van smaakvol). Smakeloos is die verouderde vorm van smaakloos (figuurlik)

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.