Taalgebruik: proe of smaak?

Argieffoto (Foto: 9355, Pixabay)

Argieffoto (Foto: 9355, Pixabay)

Die Engelse werkwoord taste is in Afrikaans proe in die sin ek proe iets, en smaak in die sin iets smaak lekker, maar die kos proe heerlik is al so ingeburger dat proe maar soms as sinoniem vir smaak toegelaat kan word, solank dit nie smaak verdring nie. Proe is ietwat meer gemoedelik en informeel.

tasty smaaklik: iets het ‘n lekker smaak
tasteful smaakvol (wat “elegant” of “met ‘n kunssin” beteken): Die vrou is smaakvol geklee, en haar huis is ewe smaakvol gemeubileer
in good taste dit getuig/spreek van goeie smaak, dit is goeie smaak en is met goeie smaak of smaakvol aangebied. Die teenoorgestelde is smakeloos [NIE: dit is in slegte/swak smaak]

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek:Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris ·

Die enigste werkwoord hier is proe. Jy kan nie “smaak” nie, maar wel proe. Jy proe (werkwoord) dus aan die kos om te bepaal of dit lekker smaak.

Jan ·

Goed gestel Chris, kort en kragtig en dit sonder dat jy engels inspan om te help.

M A ·

Hierdie is n ware doring in die Afrikaanse taal en n doring in my ore. Daar is min mense wat proe reg gebruik.

Erich ·

My ouma het altyd vir ons gesê: Dit kan nie proe nie dit smaak

Retha ·

Die taal ontwikkel. As mens na baie woorde kyk was hul aanvanklik in baie anderse plek gebruik. Party mense kan so fief en faf oor sulke goed. Iets wat mý irriteer is die woord …. nog steeds …. KOMPER.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.