Taalgebruik: Proe of smaak iets lekker?

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Die Engelse werkwoord taste is in Afrikaans proe in die sin ek proe iets, en smaak in die sin iets smaak lekker, maar die kos proe heerlik is al so ingeburger dat proe maar soms as sinoniem vir smaak toegelaat kan word, solank dit nie smaak verdring nie. Proe is ietwat meer gemoedelik en informeel.

tasty smaaklik: iets het ‘n lekker smaak
tasteful smaakvol (wat “elegant” of “met ‘n kunssin” beteken): Die vrou is smaakvol geklee, en haar huis is ewe smaakvol gemeubileer
in good taste dit getuig/spreek van goeie smaak, dit is goeie smaak en is met goeie smaak of smaakvol aangebied. Die teenoorgestelde is smakeloos [NIE: dit is in slegte/swak smaak]

Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: NB Publishers
Prys: R485-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adri ·

As ons alles wat “ingeburger” is maar goedsmoeds aanvaar as Afrikaans, sal cool en awesome en song en band en stage en tune en al hierdie gedrogte seker spoedig ook aanvaar word. NEE!!!! Ons mag nie ons taal so tussen ons vingers laat deurglip nie. Jy proe met jou tong en kos kan nie proe nie!!!

Tommie ·

Stem saam met jou Adri.

Dit gaan my verstand te bowe dat so baie van ons Afrikaanssprekendes wat eintlik trots op `n mooi ontwikkelde taal behoort te wees, so lustig daaraan meedoen, om dit weer `n kombuistaalstatus te gee. Dankie Maroela Media dat julle darem nog moeite doen om in keurige Afrikaans te skryf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.