rand
Die rand van die tafel, maar die randpatroon van byvoorbeeld ‘n tafeldoek. Die skade word op honderde rande (onbepaalde telwoord, meervoud) geraam, maar op negehonderd rand (bepaalde telwoord, enkelvoud). Die Suid-Afrikaanse geldeenheid, rand, word met ‘n kleinletter geskryf, teenoor die hoofletter van die streek die Rand.
rant
Die vliegtuig het teen die rant (‘n heuwel/koppie) vasgevlieg.
Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering
Bespreek asb rondte en ronde. Jy boks n rondte en jy het n ronde bord of sirkel. Die tendens nou o’s om ronde vir alles te gebruik. Vors asb na en plaas. Sal vrek interessant wees!!
Bespreek asb ronde en rondte. Jy boks n rondte en jy het n ronde voorwerp. Alles is nou ronde. Vors asb na en plaas die resultate. Sal vrek interressant wees!!