Taalgebruik: Regoor of dwarsoor?

Argieffoto

Het jy geweet?
Die gebruik van regoor vir die betekenis oor ʼn groot gebied (d.w.s. dwarsoor, bv. dit het dwarsoor die land goed gereën) behoort nie aangemoedig te word nie.

Regoor beteken “presies oorkant” bv. ʼn gebou, en teenoor beteken “aan die oorkant van” die gebou. Teenoor word ook figuurlik gebruik vir twee sake wat teenoor mekaar gestel word.

Gebruik eerder “dit het reg oor die land goed gereën”, “dit het oor die land heen goed gereën”, of “dit het dwarsoor die land goed gereën”.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek:Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.