Taalgebruik: regoor of reg oor

Argieffoto

Regoor beteken “direk oorkant”, “presies teenoor”: Die vriende bewoon huise regoor mekaar. Hy sit daar regoor ons na ons en kyk.

Reg oor is die korrekte spelling wanneer jy dit gebruik in die betekenis oor ‘n groot gebied (d.w.s. dwarsoor): Dit het reg oor die land goed gereën. Mense van reg oor die land het gehelp om die dorp weer op die been te bring.

Jy kan ook skryf “dit het oor die land heen goed gereën”, of “dit het dwarsoor die land goed gereën”.

Regoor beteken dus “presies oorkant” bv. ʼn gebou, en teenoor beteken “aan die oorkant van” die gebou. Teenoor word ook figuurlik gebruik vir twee sake wat teenoor mekaar gestel word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jiembo ·

Dit het reg oor die land goed gereen , of dit het dwarsoor die land goed gereen.
Nou waarom is “reg oor” twee woorde en “dwarsoor” een woord?
Dit maak nie vir my lekker sin nie.

Jay ·

Wens hul wil aan party die verskil verduidelik tussen verseker en vir seker…
O ja, en s’n en sin!
Dink maar net daar is maar min wat wel weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.